Meer oor FliekVoort
Aan die voorste front van ʼn nuwe beweging in die Afrikaanse filmbedryf! FliekVoort is die uitstalruimte vir onafhanklike rolprente wat steun op vindingrykheid eerder as begroting; vernuwing met erkenning van tradisie, en nuwe metodes eerder as uitgediende werkswyses. Nou stel ons bekend, die eerste rolprent eksklusief beskikbaar op FliekVoort, die baanbrekende, eerste versetfliek in Afrikaans: "Die Eerste Reël van Oorlewing."